     
=====================================================================
Gooi weg die vark in die sak! (AV 3:4)
=====================================================================
 
Inhoudsoorsig 	
  

Gooi weg die vark in die sak!

Johan Roux   bespreek die reklamebedryf, waarvan die orintasie Engels is, en die plek daarin van die reklameskrywer wat in Afrikaans wil skryf. Engelstalige kollegas het al aan hom ges "Why don't you give up and write in God's own language?" 

Iemand het op 'n keer verwys na 'n Engelse advertensie vir tweedehandse motors wat hy in Afrikaans moes vertaal. Die illustrasie was di van 'n vark en die opskrif het gelui: "Don't buy a pig in a poke." Al wat die skrywer verder daaroor ges het was dat hy 'n skaflike oplossing gevind het. 

Ek het altyd gevrek om te weet wat sy skaflike oplossing was. Ek en 'n kollega het lank gesit en kopkrap oor moontlike antwoorde en al waarby ons kon uitkom, was om vir die vark 'n snorbaard te teken en onderaan te skryf: "Moenie 'n kat in die sak koop nie." 

"Of nog beter," het die kollega voorgestel: "Jy teken ni vir die vark 'n snorbaard nie, bly by die opskrif 'Moenie 'n kat in die sak koop nie', en gee die leser 'n slapelose nag oor wat die advertensie wil s." 

Mens kan 'n soort perverse bevrediging put uit hierdie vertaalspeletjies -- dis 'n bietjie soos om Sonic the Hedgehog uit elektroniese gevare te red -- maar dit bly speletjies en dis eintlik belaglik om 'n Engelse advertensie uit 'n Engelse milieu en met 'n Engelse idioom te probeer omkarring in Afrikaans. 'n Advertensie moet tog vir sy teikenmark geskep word en klaar. 

Ongelukkig werk dit nie so nie en dit help nie ons bluf onsself nie. Dis nie alles maanskyn en rose nie -- en die Afrikaanse skrywer is besig om 'n klopdans op Engelse musiek te doen. 

Die realiteit in die tydskrif- en televisiemedium is dat dit normaalweg te duur is om 'n advertensie elke keer te herontwerp vir 'n tweede taal, laat staan elf tale. Dis altyd die prentjie wat mens pootjie. Dis daardie vark. In die voorbeeld wat ek genoem het, is jy gebind aan die beeld van 'n swyn en die konsep van "Ons tweedehandse motors is betroubaar". Op die een of ander manier moet die Afrikaanse (of Setswana) skrywer die kloutjie by die oor bring en hy het ni die luukse van 'n alternatiewe illustrasie -- byvoorbeeld 'n kat -- nie. Uiteindelik word jy deur die illustrasie gedwing om iets simpels te s soos "Moet jou nie laat bevark nie", 'n stuk kommunikasie wat jy nooit sou gepleeg het as jy nie aan 'n ander taal vasgeketting was nie. 

Dis, om die minste te s, 'n onbevredigende situasie, dis tweederangse kommunikasie, dis 'n gekarring, dis 'n klopdans, dis al hierdie goed, maar dis ook die nare werklikheid. Hoe kom die Afrikaanse kopieskrywer uit hierdie gat? 

Plan een is om te ontsnap na 'n ander landskap. Radio is 'n relatief billike medium n jy is nie gekoppel aan 'n beeld nie. (Radioklingels is weer 'n ander nagmerrie waaraan mens liewer nie nou wil dink nie.) Dis die een medium waar Afrikaanse kopieskrywers vandag baljaar soos varke in die modder. As gevolg van die nuwe respek vir Afrikaanse skeppendheid waartoe die Pendoring reklametoekennings wel deeglik bygedra het, geniet die skrywers meer vryheid as ooit tevore. Al hoe minder klinte verwag dat Afrikaanse radio-advertensies 'n klakkelose vertaling uit Engels moet wees, solank dit natuurlik by die strategie hou. Vandaar ons radio-renaissance met die briljante, astrante De Kat, Tastic, Sasol en Nando's flitse. Die betrokkenheid van Engelstalige skrywers en die getwis oor Engelse taalinhoud is albei tekens van lewe in teenstelling met die dooierigheid van 'n klompie jare gelede. 

Plan twee is om jou te probeer inwurm in die skeppende oligargie, heelwat Engels te skryf en dan oorspronklike Afrikaanse werk in te smokkel net waar jy kan. Met histeriese gedragspatrone, woedebuie en ineenstortings kry mens dit nou en dan reg om byvoorbeeld 'n spesiale illustrasie vir 'n Afrikaanse persadvertensie te beding. ("Ek wil 'n kat h, ek wil nie 'n vark h nie, ek wil 'n kat h.") 

Plan drie is om iets te doen wat elke Afrikaanse skrywer wat sy sout verdien, in elk geval doen -- en dis om nie net te sit en die Engels te verwerk nie, maar terug te gaan na die oorspronklike strategie vir die advertensie, om te begryp wat die werklike doel van die konsep was in plaas van om jou blind te staar teen die Engels. Jy dekonstrueer die advertensie tot by sy basiese elemente en begin weer van voor af bou, al is jy gebind aan gegewe illustrasiemateriaal. 

Wonderlike advertensies is al op di manier geskep en ek dink ek verskil hier van die Pendoring beoordelaars se bevinding dat oorspronklike Afrikaans van 'n hor gehalte is as verwerkings. Dit kon toevallig vanjaar die geval gewees het, maar ek glo nie dis 'n aksioom vir alle tye nie. Mens bid eintlik dat dit nie so is nie, want jou geleenthede om oorspronklik te skryf is relatief min. Dink bietjie aan die vindingryke verwerkings wat al deur die jare opgeduik het -- die parmantige Hilux-bakkie wat die yslike vragmotor konfronteer en in Engels s: "Go ahead -- make my day." In Afrikaans was dit: "Haal uit en wys, ou Grote." 

"Ego -- the deodorant with sex appeal" het geword "Die reukweerder wat die poppies laat dans". 'n Vleisraad advertensie vir winskopies by slaghuise het gelui: "How low will your butcher go?" Die Afrikaanse weergawe was: "Vir jou sit hy sy kop op 'n blok. (En sommer sy wors en sy lewer en sy niertjies ook.)" 'n BMW advertensie: "The last thing you remember is getting behind the wheel -- the rest is just a blur." Afrikaans: "Die rooi gevaar. (Ook beskikbaar in swart, blou en geel.)" 

Vir 'n televisieprogram oor Pavarotti was die Engels: "Great Italian Cooking". Ek wou dit maak: "Itali se eie Bles", maar die klint het wyslik ges: "Nee!" 

Die ideale situasie is dat die kyker/leser/luisteraar nie moet kan uitmaak of die advertensie oorspronklik of verwerk is nie. 

Daar is deesdae wel meer kanse vir die Afrikaanse skrywer om uit haar/sy kassie te klim. Die Afrikaanse media ondersteun ons pogings met mening (hulle was destyds dikwels neusoptrekkerig oor hulle common nefies en niggies in die liegfabriek), daar is gelukkig tog 'n paar toonaangewende agentskappe en klinte wat die kulturele verskeidenheid in ons land op die slimste moontlike maniere ontgin, en daar is Afrikaanse skrywers wat strategies dink en nie net met woordjies speel nie. Dus, wat s die oplossing vir "Pig in the Poke"? Vandag, n drie-en-twintig-jaar, sal ek s: Gooi die prentjie weg en skryf 'n treffende tipografiese advertensie in Afrikaans. Soos Alexander van ouds -- moenie peuter nie, haal die swaard uit en kap die Gordiaanse knoop middeldeur. 

Pendoring, die prys vir voortreflike Afrikaanse reklame, se 1996-wenners:

Johan Roux   (regs voor) met 'n vierkuns -- die prestigeprys en eerstes in die kategorie radio, tydskrifte en beste advertensie wat oorspronklik in Afrikaans geskep is; (van links na regs) Heidi Vorster   (ope afdeling -- kleinhandel), Harry Kalmer   (beste nuwe klinkrel/uitdrukking/begrip), Madelet du Plessis   (TV n onder-die-lyn-reklame), Siobhan Rothenburg   (supermarkte ens. -- kleinhandel) Ian Smith   (koerante) en Casper de Vries,   uitvoerende kunstenaar wat die Afrikaanse idioom die beste tuisbring. 

Terug na bo 	  	

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av341.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) Stigting vir Afrikaans 1999 	Blaai terug | Blaai om 	
. 

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1996 /// Gooi weg die vark in die sak! (AV 3:4) /// Kinders dink nuut vir Afrikaans (AV 3:4) /// Bande met ons naaste taalfamilie (AV 3:4) /// Die demografie van Afrikaans (AV 3:4) /// Verre vriend moet gou s of hy belang stel (AV 3:4) /// Afrikaanse vordering in Pole (AV 3:4) /// Afrikaans moet ritme h vir Xhosa leerders (AV 3:4) /// Taalplan Taakgroep: hoe ver is ons nou? (AV 3:4) /// Superman van Imagery (AV 3:4) /// 